Regsman wil musiek maak en lewe gee aan stories

0

Met die blommeseisoen waarin Namakwaland  nou verkeer is ‘n liedjie met die titel  “Namakwaland”, net gepas.

“Namakwaland “ is sanger, Alwie Carstens, se nuwe liedjie.

Carstens  het vir die blommeseisoen in die Namakwaland gewag as die perfekte tyd om “Namakwaland” bekend te stel.

Hierdie boorling van Nababeep, het opgegroei in Pofadder en het sy skoolloopbaan voltooi in Springbok.

Hy is tans woonagtig in die Kaap waar hy as prokureur praktiseer.

In sy vrye tyd maak hy musiek en dit hou hom gebalanseerd.

Sy broer was die kitaarspeler, maar sy denkwyse was altyd “as my broer dit kan doen, dan kan ek dit ook doen.”

Op 16 het hy sy eerste kitaar gekry en sy vriend Andrew het hom geleer om dit baas te raak. Binne twee maande het hy begin om sy ma se gedigte te sing. Onlangs het hy sy eie lirieke begin skryf, maar dit is nie sy grootste fokuspunt nie.

“Ek wil stories lewe gee deur musiek en elke oomblik in musiek vasvang. Sielsmusiek en storie vertel is my inspirasie. Dit moet my nie verveel nie en  moet iets wees waarna mense oor en oor kan luister en waarin jy jouself  kan inleef”, vertel Carstens.

Foto Verskaf :
Kokerboom Mediaproduksies

As kustenaar beskryf hy homself as iemand wat nie “fame” najaag nie en sê hy wil net die musiek wat hy in die huis maak opneem.

Die lewe is so kort  en die mens se grootste behoefte is om iets agter te laat, sê Carstens. Sy grootste motivering is dat hy sy musiek kan nalaat vir  toekomstige generasies.

Hy is ‘n onafhanlike kunstenaar en het reeds twee albums uitgebring en  bemark en verkoop ook sy eie musiek.

Vir die laaste drie jaar het hy enkelsnitte vrygestel, want dit werk beter as ‘n hele album omdat mense in elk geval net twee of drie snitte van die album kies en die res gaan verlore.

Hy is al agt jaar in die bedryf en beplan om die res van sy musiek vry te stel met ‘n musiekvideo.

Sy hart loop oor van dankbaarheid vir al sy ondersteuners, maar as hy nou moet uitsonder is dit die ondersteuning van sy vrou en familie wat vir hom baie belangrik is.

“Musiek is een van die mooiste kunsvorme en dit is iets wat spontaan moet kom”, vertel die Kaapse prokureur. Hy wil ookander musikante uitdaag om musiek te maak met die regte intensies en vir die regte redes.

“As jy ‘n verskil wil maak moenie met die stroom gaan nie, maar doen wat jou hart vir jou sê om te doen en as beroemheid vir jou bestem is, dan sal dit self gebeur”, sê Carstens.

Radio Nfm 98.1 is een van die eerste radiostasies wat Alwie se musiek gespeel het en dus voel hy dit is ‘n prioriteit om sy nuwe snitte op die Namakwalandse klankgolwe te laat druis.

Geniet dit vir wat dit is, moet nie te ernstig wees en moet nie verkeerde goed najaag in die musiekbedryf nie”, is Alwie se raad vir ander kunstenaars.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.