Rehabilisentrum maak binnekort sy deur oop in Namakwa

"Hy het sy dankbaarheid teenoor pastore Peter Diomi en Andy Brandt uitgespreek".

0

Pastoor Ulrich Strauss van Lofdal in die Wes Kaap het weer ‘n draai in Namakwa kom maak, nadat hulle 13-jaar gelede begin met uitreikings in die streek.

Dit is wel tydens die Covid-19 pandemie, maar Strauss glo dat God in beheer is.

Andy Brandt, ‘n omroeper by NFM is deels van die rede vir Strauss se besoek aan Namakwa.

Strauss is verbonde aan die rehabilitasie sentrum in Bloekombos, Kraaifontein en verwys na verslaafdes as klïente.

“Lewe word alreeds gespreek as die persone opgeneem word, en hy/sy word nie aangespreek as “verslaafde” of “tikkop”, of  “suiplap” nie.

“Wanneer die persoon die sentrum verlaat na drie of ses maande en moet die persone voel dat hul belangrik is.”

Die rede vir sy besoek aan Namakwa is om te kom kyk na persele, en hoe om die werk van die Here te kan uitbrei.

Hy het sy dankbaarheid teenoor pastore Peter Diomi en Andy Brandt uitgespreek.

“Die oes wat die Here nou moet bring, is al die siele wat moet inkom.”

Oor die jare heen het tien en meer manne van Namakwa rehabilitasie by die sentrum in Kraaifontein ontvang, en heelwat van die manne is steeds skoon.

Die infrastruktuur in Namakwa is goed, daar is nie veel vir hulle om daaromtrent te doen nie.

Al die Namakwalandse-ondersteuning is alreeds in plek.

Huidiglik opereer hulle in Johannesburg en Namibie, en het nog nie eens begin doen wat die Here wil hê dat hulle moet doen nie

“Die sentrum in Kraaifontein het uitgebrei na verskillende areas, en dis nie kwantiteit maar kwaliteit wat in die persone investeer word.”

Daar word twaalf tot vyftien persone ingeneem en so word die familie opgebou, hulle groei in die sentrum en kry al die nodige aandag.

“Hoe meer jy as ‘n familie opereer, hoe holistiek sal jy by die huis kan aanpas, en jy kan dan beter reïntegreer terug in die gemeenskap; natuurlik met jou primêre, sekondêre en tersiêre komponente wat in rehabilitasie is, en dis basies wat die sentrum nou doen.”

Die laaste vier vyf maande het hulle meer gedoen as wat hulle al ooit in die vorige drie of vier maande gedoen het.

Op die perseel waar die sentrum is, is daar ‘n kinderhuis, ouetehuise,  ‘n skool, en ‘n voedingskema wat tien verskillende areas voed.

Ander projekte word ook op die perseel toepas, en tydens die coronavirus pandemie wou hulle nie nog innamens doen nie.

“‘n Plek is in Wellington gekry, en ‘n program was daar gedoen, en was teruggeneem na Kraaifontein toe die inperking op vlak een was.”

Strauss sê dat hy kon sien hoe die Here die afgelope vier maande deurgekom het op bonatuurlike maniere, in elke opsig van sy lewe, asook in die bediening.

Leave A Reply

Your email address will not be published.