Renosterberg munisipale raad gister amptelik ontbind

0

Die munisipale raad van die Renosterberg Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap, is amptelik ontbind.

Die besluit is gister regstreeks, deur die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul, en die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (COGHSTA), Bentley Vass bekendgemaak.

Die ingryping was nodig om die vervalle toestand van dienslewering in hierdie munisipaliteit te verbeter.

Tydens sy toespraak het Saul gesê dat die munisipaliteit vir die afgelope sewe jaar nie lopende water, elektrisiteit, vullisverwydering en sanitasie-dienste, aan sy gemeenskapslede verskaf het nie.

Daar word ook onder meer berig dat hierdie munisipaliteit Eskom nagenoeg R89 miljoen skuld.

Saul het bygevoeg dat die munisipaliteit ‘n finansiële herstelplan sal ondergaan.

“‘n Administrateur sal aangestel word totdat ‘n nuwe munisipale raad verkies is.”

Hy het verklaar dat die LUR’e van COGHSTA, Vass en finansies, Maruping Lekwene, intussen die intervensieprogramme sal uitvoer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.