Resin Paving bedrogspul in Namakwa

“Hulle maak hul werk in die donker klaar en eis dan betaling."

0

Die gemeenskap in Namakwa word gewaarsku dat daar persone is wat laatmiddag by huise opdaag om resin paving by opritte te doen.

Die speurtak op Springbok bevestig egter dat dit ’n bedrogspul is.

Hulle maak hul werk in die donker klaar en eis dan betaling. Moenie enige deposito betaal nie,” sê Luitenant Kolonel Christo Engebrecht.

Dit is glo net gewone crusher dust wat die verdagtes gooi en nat spuit.

Die verdagtes wil ook nie hê slagoffers moet inspeksie doen nie want die resin is volgens hulle nog nat.

Speurders is opsoek na hierdie verdagtes, hulle ry glo twee dubbel kajuit bakkies.

Een bakkie is grys en die ander wit.

As enige persoon inligting het kan hulle die speurders op Springbok skakel by 082 495 5279 of Luitenant Kolonel Engelbrecht by 082 495 5258.

Leave A Reply

Your email address will not be published.