Richtersveld kry rigting met nuwe teerpaaie

"De Klerk sê dit het bygedra tot die agterstand van die Richtersveld."

0

Willem de Klerk, voormalige voorsitter van die Richtersveld Bestuursraad het met radio Nfm gesels oor die teer van die grondpaaie tussen Kuboes, Sanddrift, Lekkersing en Eksteenfontein.

Hy het sy kommer uitgespreek namens die gemeenskap en hoe dit die ontwikkeling van die dorpe beïnvloed.

As inwoner van Kuboes raak dit hom nie net direk nie, maar hy was ook betrokke by die aansoek van die teer van die paaie sedert 1994/1995.

Volgens De Klerk het verskeie maatskappye geld beskikbaar gestel , maar tot op hede het daar niks van gekom nie.

De Klerk sê dit het bygedra tot die agterstand van die Richtersveld.

Daar is geen kitsbanke geld in die omgewing nie en pensioenarise moet iemand huur om by die naaste dorp uit te kom.

Dit vertraag ook die tyd van ambulansdienste vir noodgevalle en skoolkinders gebruik daagliks die pad Alexanderbaai toe en terug.

De Klerk het na sy gesprek met Nfm gesê dat hy verlede week Vrydag die streekskantoor op Springbok vir die paaie afdeling geskakel het, waar hy toe met Mnr Roberts gesels het.

Roberts se terugvoering was dat die Kuboespad hierdie week geskraap sal word.

De Klerk en die inwoners se hulpkreet is om hierdie kwessies onder die plaaslike regering se aandag te bring sodat daar werklik iets omtrent die probleme gedoen kan word.

Die gemeenskap sê hulle is moeg vir leë beloftes.

Leave A Reply

Your email address will not be published.