Rietfontein: Man skuldig bevind vir veediefstal

"'n 28-jarige man, Nicodemus Barendse is op Vrydag, 5 November 2021 in die Rietfontein-landdroshof vir veediefstal skuldig bevind en gevonnis."

0

‘n 28-jarige man, Nicodemus Barendse is op Vrydag, 5 November 2021 in die Rietfontein-landdroshof vir veediefstal skuldig bevind en gevonnis.

‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela het bevestig dat die beskuldigde is in hegtenis geneem na ‘n saak wat aangemeld is van ‘n bok wat in 2019 sonder die eienaar se toestemming geslag is naby Drieboom.

Die saak is na Adjudant-Offisier Jacques verwys.

“Ockhuys verbonde aan die Veediefstal en Bedreigde Spesieseenheid, het die verdagte opgespoor, hom voor die hof gebring en Barendse is tot 2 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis,” het Sersant Masagela gesê.

Die waarnemende Distrikskommissaris van ZF Mgcawu, Kolonel PC Coetzee het die lid geloof vir ‘n sy goeie ondersoekwerk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.