Rolspelers in Namakwa maak ‘n verkil tydens die COVID-19 pandemie

0

Die “Ngwana ke wa Sechaba”, (It takes a village to raise a child) -projek is ‘n inisiatief wat deur die Namakwa Gebiedsraad (Namakwa District Community Police Board) ingestel is.

23 Lede van die Namakwa Gebiedsraad (Namakwa District Community Police Board) maak deel uit van die inisitaief.

Die Namakwa District Community Police Board, tesame met die Cluster, het skoolbehoeftes asook nie-bederfbare voedsel-items ingesamel.

Hulle het die pakkies tydens die ‘Back To School’-verrigtinge aan plaaslike gemeenskapslede oorhandig.

“Die behoeftes van die gemeenskappe verskil van maand tot maand”, vertel een van die lede.

Die projek is in November 2019 van stapel gestuur, met die fokus toe op skole.

Die rolspelers gebruik spesifieke herdenkingsdae om goedere in te samel en liefdadigheid te toon.

Van die temas is; Junie, toe Jeugmaand, Julie, toe die herdenking van Mandela se lewe en Augustus as Vrouemaand.

COVID-19 het beplanning ook ietwat in die wiele gery.

Vriendelikheid en oop deure is wat opmerklik is waanneer die rolspeles die pakkies gaan uitdeel.

Antwoorde by die deure lui: “Laat ek gou my masker kry!”

Die ontvangers van die pakkies betoon hul dankbaarheid en waardering terdeë, terwyl die nood in sommige van die huishoudings, groot is.

Pakkies bevat kos items soos, lemoene as vars vrugte om immuniteit ‘n hupstoot te gee. Higïeniese produkte soos seep, tandepasta, toiletpapier, waslap, handontsmettings-middel, ‘n lapmasker en ‘n kombers.

By een tuiste was daar ‘n paar linen savers en volwasse weggooibare doeke afgegee.

“Alhoewel die pakkie klein is, is dit amper asof daar met ’n trok goedere afgelaai is.”

Die rolspelers wat deel uitgemaak het diè projek  is: Princess Jay Foundation NPO; Ubuntu Sprankel Suster Primary Cooperative Limited; SACP Basil February District; Southern Africa Equine en die Aquatic Guild NPC.

Die polisie, plaaslike besighede, departmente, die munisipaliteit, asook gemeenskapslede, het donasies bygedra.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.