Rolspelers vergadering vir Nuttabooi-myn tragedie

0

Gemeenskappe in Namakwaland is in rep en roer nadat ’n ongebruikte diamantmyn gisteroggend ineengestort het.

Volgens die uitvoerende burgemeester van Nama-Khoi munisipaliteit, Riaan Cloete, het die myn omstreeks 07h30 ineengestort.

Daars is na bewering 13 handgemaakte skagte en die skag wat eerste ineengstort het is vermoedelik 30 tot 38m diep.

Volgens Cloete het een persoon dit reg gekry om te ontsnap uit die ramp, maar is huidiglik skoonveld.

Berigte lei dat die persoon wat kon onstnap, bevestig het dat daar ‘n persoon agter hom was.

Die persoon het na bewering bevestig dat daar reeds twee persone ondergronds geslaap het en ook dat n vierde persoon naby was.

Die delwers is glo nie net van Namakwland nie.

Riaan Cloete vertel verder dat die persoon wat kon ontsnap sê; “ Toe die een skag val, kon hulle hoor hoe die ander skagte ook in mekaar sak”.

Na bewering was daar diamante by die ondersteuningspillaar en die delwers het toe daarin begin delf..

Cloete beklemtoon die dat gerugte wat rondtes doen op sosiale media van 15 persone wat oorlede is onwaar is, alhoewel hy egter nie presiese informasie op hierdie stadium kan verskaf nie.

n Rolspelers vergadering sal vanoggend,14 Oktober, om 10h00 op Kleinzee gehou word.

Hierdie vergadering is ten doel om vas te stel hoe om die geaffekteerde persone te red.

Reddingspanne sal ook ingeroep word om die proses te bespoedig.

Die joernalistieke en polisie ondersoek duur voort.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.