Rolstoel vir bejaarde verkragtingslagoffer

"“Die slagoffer is 'n 78-jarige blinde ouma met mobiliteitsuitdagings en haar toestand het ná die aanval vererger,” sê Kock."

0

Chara’s Cares het ‘n rolstoel aan die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, Brigadier Nicky Mills, in Kimberley oorhandig.

Die rolstoel sal aan ’n bejaarde verkragtingslagoffer geskenk word.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock, het die voorval na bewering in Junie 2021 in Dingleton plaasgevind.

“Die slagoffer is ‘n 78-jarige blinde ouma met mobiliteitsuitdagings en haar toestand het ná die aanval vererger,” sê Kock.

Hierdie vrygewige geskenk word opreg deur die gesin van die slagoffer waardeer.

‘n Formele oorhandigingsgeleentheid sal binnekort gereël word.

Hierdie rolstoel sal van groot hulp wees vir die slagoffer, veral tydens haar kliniekondersoeke en mediese behandeling.

Die SAPD en die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor Corrie Burger en Nadya Van Heerden van Chara’s Care (Geborg deur Lotto) vir hul skenking en ook om hul harte oop te maak vir die gemeenskap, veral slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.

Leave A Reply

Your email address will not be published.