Roodepan verdagte in hegtenis

0

‘n 39-jarige wat inhegtenisneming ontduik het in verband met sake wat wissel van verkragting, roof, diefstal en die hantering van dwelms, is uiteindelik agter tralies.

Volgens Kaptein Olebogeng Tawana is die verdagte gister, 17 Oktober deur die Provinsiale Opsporingspan en Kimberley Flying Squad op Collville, Kimberley, in hegtenis geneem.

Dit ná ‘n gesoekte verdagte opsporingsoperasie.

Die verdagte sal na verwagting vandag, 18 Oktober, in die Kimberley landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.