Rooiwal Gemeenskap Ongelukkig Oor Kliniek Wat ‘n Wit Olifant Is

Die gemeenskap in Rooiwal is en rep en roer oor hul kliniek wat vir byna 6 jaar in onbruik is.

0

Die gemeenskap in Rooiwal is en rep en roer oor hul kliniek wat vir byna 6 jaar in onbruik is.

NFM-nuus het Vrydag, 26 Februarie, Rooiwal besoek en die gemeenskap het behoorlik hul misnoeё uitgespreek.

’n Gemeenskapslid, Ringo Isaacs, het vertel hoe mense moet ‘hike’ Vioolsdrift toe om by ’n gesondheidsfasiliteit uit te kom.

“Ons word net op Dinsdae en Donderdae gehelp by die Vioolsdrift Kliniek en daar is nie publieke vervoer nie,” vertel hy.

Isaacs spreek ook sy kommer uit oor die COVID-19 pandemie.

“Ek laai soms ’n groep mense op my bakkie om kliniek toe te gaan, maar dan is daar geen sosiale distansiёring tussen die mense nie.”

Hy is bekommerd dat een persoon die virus na almal op die bakkie kan oordra.

Chroniese pasiёnte gaan ook swaar gebuk onder die kliniek wat in onbruik is.

Katriena Pullen, ’n chroniese pasiёnte vertel hoe sy sukkel om haar medikasie in die hande te kry.

Sy vertel ook dat chroniese pasiёnte nooit in Rooiwal, deur ’n gesondheidswerker besoek word nie.

Na verskeie noodkrete is die gemeenskap van Rooiwal moedeloos.

Leave A Reply

Your email address will not be published.