SA terug op vlak 3 – alles wat jy móét weet in ‘n neutedop

"Nasionale Ramptoestand: Die nasionale ramptoestand is reeds tot 15 Augustus verleng."

0

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand in sy jongste toespraak rakende die koronaviruspandemie talle veranderinge aan die huidige inperkingsmaatreëls aangekondig.

Hier is alles wat jy móét weet:

Inperkingsvlak: Suid-Afrika skuif na vlak 3 van die inperkingsmaatreëls.

Aandklokreël: Die aandklokreël word daagliks vanaf 22:00 tot 04:00 ingestel.

Nie-noodsaaklike instellings moet reeds teen 21:00 saans sluit, om seker te maak dat hul werknemers teen aandklok tuis is.

Drank: Drankverkope vir eie gebruik mag van Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00 by drankwinkels verkoop word.

Drank mag nou daagliks tot 20:00 by restaurante, kroeë en persele met dranklisensies verkoop word.

Restaurante: Restaurante mag slegs 50 mense op ‘n gegewe tydperk vir aansitetes bedien, of indien die perseel te klein is word die toelaatbare aantal persone tot 50% beperk.

Ontspanning: Gimnasiums en fiksheidsentrums mag steeds oop bly.

Byeenkomste: Alle soorte byeenkomste word tot 50 mense binnenshuis en 100 mense buitemuurs beperk.

Dit sluit kerke, politieke en sosiale geleenthede en sportbyeenkomste in.

Die reël is nie op begrafnisse en verassings van toepassing nie.

Skole: Publieke- en staatskole sal steeds op Maandag, 26 Julie, heropen. ‘n Roterende rooster sal wel geïmplimenteer word. Skoolpouses sal tot 15 minute beperk word.

Nasionale Ramptoestand: Die nasionale ramptoestand is reeds tot 15 Augustus verleng.

Reisbeperking: Interprovinsiale reise tussen provinsies vir ontspanning word nou weer toegelaat, met die reisbeperking op Gauteng wat opgehef word.

Langafstandreise: Langafstandreise met busse word tot 70% van die toelaatbare kapasiteit beperk.

Begrafnisse: ‘n Maksimum van 50 mense mag ‘n begrafnis of verassing bywoon. Begrafnisse of verassings mag nie langer as 2 ure wees nie. Geen byeenkomste ná begrafnisse óf nagwake word toegelaat nie.

Werk: Werkgewers moet, indien moontlik, hul werknemers toelaat om van die huis af te werk.

Veiligheidsmaatreëls: Alle huidige veiligheidsmaatreëls, soos die dra van ‘n masker in publieke areas bly in plek. Dit sluit handreinigers by publieke punte en sosiale afstand in. Dit is ‘n misdaad indien jy nie ‘n masker in publieke areas dra nie.

Inentings: Diegene tussen 35-jarige en 49-jarige ouderdom kan reeds vir ‘n entstof op die regering se datastelsel vir entstowwe (EVDS) registreer. Inentings vir dié ouderdomsgroep skop vanaf 1 Augustus af.

Nagklubs en fliekteaters moet gesluit bly.

Die inperkingsmaatreëls tree op 26 Julie, wanneer die veranderinge in die Staatskoerant gepubliseer word, in werking.

Leave A Reply

Your email address will not be published.