SA van Wykskool nodig hulp vir (boorgat) water-en tuinprojek

"Cloete noem dat by ‘n geleentheid het daar mense by die skool opgedaag, wat graag die skool wil help om ‘n tuin op die been te bring wat ‘n half miljoen rand (R500 000) sal kos."

0

Juffrou Margarette Cloete, ‘n onderwyseres verbonde aan die Senior Sekondêre Skool SA van Wyk, wat omgee vir haar leerders en haar gemeenskep, hoop dat al die oud vroue leerders van diè skool elkeen van hule ‘n geseënde Vrouedag gehad het.

Cloete noem dat by ‘n geleentheid het daar mense by die skool opgedaag, wat graag die skool wil help om ‘n tuin op die been te bring wat ‘n half miljoen rand (R500 000) sal kos.

“Dit kan groot armoedeverligting teweeg bring en dink net watter verskil dit kan maak as daar vir ‘n aantal mense groente voorsien kan word”, sê Cloete met verwysing sentrums vir bejaardes asook radio NFM se jaarlikse sopuitreikprogram.

Water word benodig om die projek van die grond af te kry  en Cloete het verneem van ‘n boorgat wat voorheen oorkant die skool se  koshuis was.

Juf Cloete het voelers begin uitsteek en met Veronica van Dyk in kontak getree in die hoop dat die tuinprojek kan realiseer.

“Dit is nie elke dag dat iemand so ‘n projek aan jou voorhou nie”, meen juf Cloete.

‘n Borgskap vanaf China het die boorproses moontlik gemaak en fondse was inbetaal in die rekening van Robert Huys wat die gat geboor het.

Waterpype moet nou aangelê word na die skool toe wat by koshuis geboor was, want dit is veiliger om binne ‘n omheining te boor.

Om die waterprojek te voltooi word daar R140 000 benodig wat binne twee weke verkry moet word om binne die tydsraamwerk van die kwotasie te bly.

 

Met die oog op vrouemaand is Juf Cloete se voorstel dat 5 000 Namakwalanders net elk R50 na die skool kan stuur dan kan die geld binne twee weke ingesamel word.

Simon Kleinbooi het vandag die water laat toets.

Die skool sal dus hul eie boorgatwater het wat die skool geld op hul waterrekening sal bespaar.

Hierdie reuse projek sal ‘n hupstoot wees vir die skool se sportgronde en mans word ook uitgedaag om hul hande nat te maak en deel te vorm van die projek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.