Sacred Heart nou al vir drie jaar sonder ‘n Graad 2 onderwyser

Die verwoestende Covid-19 pandemie het die situasie kom vererger, en ouers het besluit om self op te staan.

0

Ouers en voogde van die Sacred Heart Primêre Skool op Nababeep is raadop en moedeloos, omdat die skool al vir die afgelope drie jaar nie ‘n Graad 2 onderwyser het nie.

Na verskeie noodkrete aan die departement gerig is, is hierdie ouers steeds in die donker gelaat oor hul kinders se Graad 2 akademiese jaar.

Volgens die voorsitter van die skoolbeheerliggam (SBL), Lonka Bugan is hulle as die skoolfamilie nie meer in staat om so ‘n onderwyser te kan betaal nie.

Die verwoestende Covid-19 pandemie het die situasie kom vererger, en ouers het besluit om self op te staan.

NFM Nuus was vanoggend by die skool nadat ouers noodgedwonge besluit het om die skoolhekke af te sper, en toegang aan leerders te weier.

Op ‘n navraag van NFM Nuus, het die woordvoerder vir die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap, Geoffrey Van der Merwe gesê dat die distrikskantoor nog nie gereaggeer het nie.

Van der Merwe voeg by dat die departement spoedig aandag aan die onderwys-uitdaging sal gee.

Leave A Reply

Your email address will not be published.