Sake-Inbraak op Springbok

“Die voorlopige ondersoek toon dat verdagtes toegang deur die dak van die sakeperseel verkry het."

0

Die Springbok-polisie ondersoek ‘n saak van sake-inbraak ná ‘n sakeperseel op Springbok ingebreek is.

Daar word beweer dat toe die werknemers by die winkel aangekom het, hulle gevind het dat daar aan die winkel geplunder is.

Die voorlopige ondersoek toon dat verdagtes toegang deur die dak van die sakeperseel verkry het, die kluis beetgekry het en met ’n onbekende bedrag kontant en selfone van die toneel gevlug het,” sê ’n polisie woordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana.

Die verdagtes is na bewering nog op vrye voet.

Enige inligting wat kan help in hierdie saak, kan met misdaadstop by 08600 10111 gekommunikeer word.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.