SAPD in Steinkopf onder skoot – gemeenskap eis dienslewering

"SAPD lede is veral tydens nagdiens maklike teikens."

0

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n verantwoordelikheid om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beveilig, die wet te handhaaf en af te dwing, ‘n veilige omgewing vir alle mense in Suid-Afrika skep, voorkom alles wat die veiligheid of sekuriteit van enige gemeenskap kan bedreig, ondersoek enige misdade wat die veiligheid of sekuriteit wat enige gemeenskap bedreig, sorg dat misdadigers voor die gereg gebring word en neem deel aan pogings om die oorsake van misdaad aan te spreek.

Hul werk is dus om die gemeenskap te beskerm en te beveilig, maar hoe kan dit plaasvind wanneer beamptes self nie eens veilig voel in die gemeenskappe wat hul bedien nie?

Die gemeenskap van Steinkopf se gemoedere het baie hoog geloop tydens ‘n gemeenskapsvergadering met Kolonel Andrews van die Springbokkluster op Springbok.

Hulle het hul harte en misnoë uitgespreek oor die stasiebevelvoerder wat geen beheer het oor sy polisiestasie nie.

Volgens die gemeenskap spreek hy nie misdaad ordentlik aan nie en dat die gemeenskap hom nie meer in Steinkopf soek nie.

‘n Griefskrif wat deur die gemeenskap opgestel is, was oorhandig aan Kolonel Andrews.

Die inhoud van griefskrif lei as volg:

“Die gemeenskap van Steinkopf soek polisiebeamptes. Die provinsie het die elf lede wat werksaam was by die stasie daar weggeneem en dit het ‘n groot leemte veroorsaak in die gemeenskap. Hulle soek dringend polisielede.”

Die openbare-orde polisie (POP) werk net ses tot ses en die gemeenskap het ‘n versoek aan die provinsie gerig omdat hulle die bevoegdheid het oor die afdeling,  POP  het die plaaslike SAPD op stasievlak bygestaan moet word deur lede van POP, veral oor naweke wanneer misdaadvlakke styg.

Die gemeenskap is van mening dat twee polisielede op stasievlak nie die kapasiteit het om dienste oor naweke te lewer waarop die gemeenskap geregtig is nie.

Veiligheid van die inwoners is prioriteit met verwysing na die onlangse voorval by die Tshineng polisiestasie.

SAPD lede is veral tydens nagdiens maklike teikens.

Dwelmhuise en handel in dwelms was ook een van die agendapunte.

Die gemeenskap versoek dat ekstra mannekrag gereeld Steinkopf moet besoek om hierdie euwel uit te roei in samewerking met die honde-eenheid.

Leave A Reply

Your email address will not be published.