SAPD SIGBAAR TYDENS PASE

"Mense in die breë Namakwaland handhaaf die reëls ook by begrafnisse."

0

Kaptein Johann Farmer verbonde aan die Springbok-Kluster van die Suid-Afrika Polisiediens (SAPD) bevestig dat die inperkingsreëls,  soos onlangs afgekondig deur die staatspresident, steeds geldig is en deur sy departement streng handhaaf sal word oor die Paasnaweek.

Volgens Farmer gehoorsaam mense  die inperkingsprotokolle in

“Die KOVID-19-regulasies is om jouself te beskerm en  dit is glad nie die oogmerk van die SAPD om mense links en regs in hegtenis te neem nie, maar om ons almal se gesondheid in ag te neem en te beskerm”, sê Farmer.

Alhoewel die SAPD klagtes ontvang van mense wat die aandklokreël verontagsaam is dit egter in die minderheid en nie ‘n prioriteitsmisdaad nie.

Die meeste klagtes wat die polisie ontvang is mense wat nie hul maskers reg dra nie.

Algemene klagtes is dronk op straat en drink in die publiek.

Farmer het die breër gemeenskap gekomplimenteer vir hul samewerking tot dusver, maar doen ‘n ernstige beroep op ouers om toe te sien dat hulle kinders nie ná die aandklokreël op straat moet wees nie.

Volgens Farmer pas kerkgangers  die KOVID-19-protokolle goed toe.

Mense in die breë Namakwaland handhaaf die reëls ook by begrafnisse.

Die inperkingsregulasies het ook ‘n afname in veral huisbrake aangeteken omdat minder mense op straat is.

Kaptein Farmer en sy span is gereed vir die komende Paasnaweek en waarsku motoriste om binne die reëls te beweeg.

Polisiesigbaarheid is opgeskerp.

 

 

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.