SAPS kry versterking in bekamping van misdaad

"Mnr Manamela het die gemeenskap aangemoedig om die nuwe organisasie teen misdaad te alle tye te ondersteun wat onder die leiding en bevel van die polisie sal."

0

Die waarnemende provinsiale kommissaris, Generaal-Majoor Joey Kers, waarnemende DBK Brigadier Janse van Rensberg, provinsiale hoof vir Vispol Brig. Brink, waarnemende distriksbevelvoerder Brig. Charlotte Makgari, Galeshewe stasiebevelvoerder Brig Belinda Rikhotso, Adjunk-direkteur Mnr Manamela vir gemeenskapsveiligheid Dept van veiligheid en skakeling, Francis Baard GPF Voorsitter Mnr Themba Gomba en stasiebevelvoerders in die distrik het die ‘Community in Blue’ op Kimberley Polisiestasie bekend gestel.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Bashoabile Kale, het bevestig dat met die lewering van ‘n boodskap van ondersteuning het Mnr Gomba beklemtoon dat die ‘Gemeenskap in Blou’ nie die rol van die polisie vervang nie.

Hul rol is om die polisie by te staan deur hul oë en ore op die grond te wees.

Mnr Gomba het ‘n beroep op GPF-lede gedoen om te alle tye saam met die polisie te werk en nie verdagtes te slaan nie.

Hy het belowe om die gemeenskap met respek te dien en slagoffers van misdaad te ondersteun en die SAPD te ondersteun in die bekamping van misdaad.

Mnr Gomba het gesê dat daar ‘n neiging is by gemeenskapslede wat dink dat die werk met die polisie hulle magtiging gee om te doen soos hulle wil en lede van die gemeenskap in blou versoek om hulle daarvan te weerhou om voertuie te deursoek en stop, aangesien hulle nie die magtiging het om dit te doen nie.

“Die verteenwoordiger vir Gemeenskapsveiligheid by Veiligheid en Skakeling Mnr Manamela het die bekendstelling van ‘Community in Blue’ verwelkom en gesê die bekendstelling het gekom op ‘n tydstip wat die polisie hulle meer nodig het. Hy het gesê die bekendstelling het gekom op die tydstip toe die land aangegryp was deur die oplewing van geslagsgebaseerde geweld en die aansienlike groei van vigilante-groepe in Francis Baard, Tsantsabane, Siyancuma en Namakwa. Manamela het beklemtoon dat die ‘Gemeenskap in blou’ ‘n gereguleerde struktuur is en onder die beskerming van die GPF is, het Kaptein Kale gesê.

Mnr Manamela het die gemeenskap aangemoedig om die nuwe organisasie teen misdaad te alle tye te ondersteun wat onder die leiding en bevel van die polisie sal.

Hy het beklemtoon dat ‘Gemeenskap in blou’ ‘n toevoeging  van die GPF is en dus nie outonoom funksioneer vanaf die moederliggaam nie.

Kaptein Kale het gesê dat die waarnemende provinsiale kommissaris, Generaal-Majoor Kers, het met die lewering van die hoofrede die bekendstelling van die ‘Community in Blue’ verwelkom en gesê dat dit ‘n noodsaaklike kragvermenigvuldiger is aangesien dit die oë en ore van die polisie is.

Genl Kers het gesê dat lede van die ‘Community in Blue’ gemeenskapsvrywilligers is wat by die GPF en in vennootskap met die polisie geaffilieer is en daarom word verwag om professioneel op te tree wanneer hulle hul patrolliepligte uitvoer.

“Generaal Kers het gesê dat geen misdaad opgelos kan word sonder inligting nie en die meeste van die inligting kom van gemeenskappe aangesien misdadigers uit gemeenskappe kom en ons eie broers, susters en ooms is. Hy het ‘n beroep op lede van ‘Gemeenskap in blou’ gedoen om ‘n hoë vlak van dissipline in die uitvoering van hul pligte te beoefen, professioneel op te tree, eerlik, deursigtig en toegewyd te wees,” het Kaptein Kale bygevoeg.

Genl. Kers het van die geleentheid gebruik gemaak om ’n beroep op polisiebeamptes te doen om na staatshulpbronne om te sien aangesien die staat nie ’n eindelose voorraad hulpbronne het nie.

Die sessies is afgesluit deur Brig. Brink wat alle lede van die GPF en ‘Gemeenskap in blou’ sterkte toegewens en gesê het dat die bekamping van misdaad die toewyding van ons almal  is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.