SAPS vier 50 jaar van vroue in blou

"Dit kon nie 'n maklike reis gewees het vir vroue in 'n manlik gedomineerde organisasie waar hulle ongelykheid, diskriminasie, voortdurend ondermyn en bevraagteken word omdat hulle in hoë posisies is."

0

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vier 50 jaar van vroue in die polisiediens en ter herdenking van die eerste vroue wat by die destydse Polisiemag aangesluit het.

Die polisie gaan hierdie mylpaal tot einde van die jaar op verskillende maniere in die land vier.

Die vroue amptenare in die Zwelintlanga Fatman Mgcawu-distrik het saamgekom ter viering van hierdie spesiale geleentheid.

Lede van verskillende standplase het vir ‘n dag by Upington-Inn bymekaar gekom om te ontspan, ‘n goeie ete geniet en mekaar op verskillende maniere motiveer.

Sersant Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die finansiële adviseur van Sanlam het met die deelnemers gesels, hul produkte aangebied en finansiële hulp aan die lede verleen.

Die Sanlam-span het hul waardering uitgespreek vir die pogings en bydrae van die polisie in die samelewing.

Die adviseurs het bygevoeg dat die polisie moet voortgaan om hul rol te vervul in die regering om die veiligheid en sekuriteit van die mense in Suid-Afrika te verseker.

“Die woord is aan (v) Kolonel Noluthando Mavango van die ZFM Distrik Regsdienste gegee om die lede toe te spreek. Kol Mavango het in haar toespraak gesê :”Die eerste vroue wat 50 jaar gelede by die polisie aangesluit het, het die weg gebaan en die deure vir die vroue in hierdie organisasie oopgesluit,” het Sersant Masegela gesê.

Dit kon nie ‘n maklike reis gewees het vir vroue in ‘n manlik gedomineerde organisasie waar hulle ongelykheid, diskriminasie, voortdurend ondermyn en bevraagteken word omdat hulle in hoë posisies is.

Die vroue in hierdie organisasie het aangehou om grense te verskuif, baie struikelblokke te oorkom en het bewys dat vroue nie in die kombuis hoort nie.

Sy het gesê dat sy sal voortgaan om lede te motiveer om hulself op elke moontlike manier te bemagtig en hul regmatige posisies in die organisasie op te eis omdat daar nog baie spasies is wat deur vroue in die polisiediens gevul moet word.

Kolonel Mavango het afgesluit deur te sê :”Ons salueer die eerste vroue in blou. Ons is dankbaar vir hul dapperheid en dit het ander gewys dat dit doenbaar is.

Vroue kan nie onderskat word nie en hulle het die ou narratief verkeerd bewys oor die posisie van vroue in die samelewing”.

Die lede het hul dag geniet om met mekaar om te gaan, mekaar te leer ken en mekaar op alle terreine van die lewe te bou.

Hulle het Luitenant-Kolonel Elizabeth Bacela bedank vir die organisasie van die geleentheid en almal wat dit moontlik gemaak het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.