SASSA maak Februarie 2021 betaaldatums bekend

Penioenuitbetalings sal op Woensdag, 03 Februarie 2021 plaasvind.

0

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (SASSA) het die jongste betaaldatums vir die Februarie 2021 betalingsiklus bekendgemaak.

Sassa toelaes sal vanaf Woensdag, 03 Februarie tot 15 Februarie uitbetaal word.

Sassa se woordvoerder in die Noord-Kaap, Inno Khuno het soos oudergewoonte, haar maandelikse radio-praatjie, gevul met inligting met die NFM-gemeenskap kom deel.

Brunhild Strauss het Khuno aangemoedig om ook inligting te verskaf oor sekere ongeskiktheidstoelae wat gedurende Desember 2020 gestop is.

Khuno het begin deur alle betaaldatums vir die Februarie betalingsiklus duidelik te maak:

  • Pensioenuitbetalings sal eerste gedoen word op Woensdag, 03 Februarie 2021.
  • Ongeskiktheidstoelae sal vanaf Donderdag, 04 Februarie 2021 beskikbaar wees.
  • Alle ander uitbetalings, soos die kindertoelaes word op Vrydag, 05 Februarie 2021 uitbetaal.
  • Kontantbetalings by gemeenskapsale in die JTG- en Frances Baard – distrikte, sal vanaf Maandag, 08 tot 15 Februarie 2021 beskikbaar wees vir onttrekking.

Khuno het weereens Sassa-begunstigdes gemaan om hul uitbetaling te trek by ‘n supermark waar u inkopies doen, om lang rye by OTM’s te vermy.

Strauss het Khuno uitgevra oor die ongeskiktheidstoelaes wat op 30 Desember 2020 gestop is.

“Mense wat aansoek gedoen het vir ‘n ongeskiktheidstoelaag tussen Februarie en Desember 2020, en die toelaag is gestop, insluitend diegene wat gewag het om ‘n Sassa-dokter te sien voor die Vlak5 inperking begin het, mòèt heraansoek doen vir ‘n ongeskiktheidstoelaag.”

In die verlede het Sassa ‘n nypende tekort gehad aan mediese dokters om ongeskiktheidsassessering te doen.

“In 2020 het die Noord-Kaap net 11 Sassa-dokters gehad. Die provinsie het sedert die begin van 2021, 28 dokters aan diens gehad.”

Khuno sê 19 dokters vanuit die 28, het alreeds diensvlakooreenkomste ondersteken, en is ten volle operasioneel in die provinsie.

“Die oorblywende nege dokters moet nog hul papierwerk finaliseer. Ons is bly dat assesserings nou bespoedig word, en dat ons alle inwoners tot die beste van ons vermoë kan bedien”, sê Khuno.

Strauss het Khuno gevra oor die gerugte wat lui dat Sassa-dokters persone net “een kyk” gee, en dan ‘n ongeskiktheidstoelaag goedkeur of nie.

Khuno was baie gretig om lig hierop te werp, en het gesê dat Sassa dokters nie aansoekers eksamineer nie, omdat hulle nie medikasie gaan voorskryf nie.

“Volgens wet is Sassa-dokters gekontrakteer om ‘n persoon te assesseer, op grond van hul mediese rekords en geskiedenis van ‘n mediese dokter.”

‘n Sassa-dokter gaan ‘n onderhoud met ‘n aansoeker doen oor die gegewe mediese kondisie, en gevolglik aanbevelings aan Sassa maak.

Sassa stel dan verdere ondersoeke in, gebasseer op die Wet op Maatskaplike Bystand en Regulasies, en maak dan ‘n besluit oor die ongekiktheidstoelaag.

Onder normale omstandighede assesseer Sassa-dokters 40 pasiënte per dag.

Khuno voeg egter by dat die nood nou groter is en dat hulle van dokters verwag om sowat 80 pasiënte per dag te assesseer.

Sassa in die Noord-Kaap het intussen nog plekke aangewys vir assessering, soos gemeenskapsentrums, raadsale, plaaslike gesondheidsfasiliteite, asook plaaslike Sassa kantoere.

Begunstigdes van ongekikteidstoelaes wat gestop is, moet weer aansoek doen by hul plaaslike Sassa-kantoor.

Indien aansoekers van die R350 tussen November 2020 en Januarie 2021 van die hand gewys is, moet hulle hul uitslag appelleer voor of op 28 Februarie 2021.

Om te apelleer moet aansoekers covid19srdappeals@srd.gov.za besoek.

Vir meer informasie kan u Sassa se tolvry nommer skakel, 0800 003 077.

Leave A Reply

Your email address will not be published.