SASSA maak Januarie 2021 betaaldatums bekend

0

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (SASSA) het vroeër vandeesweek, hul betaaldatums vir Januarie 2021 bekendgemaak.

SASSA het in ‘n amptelike mediaverklaring bevestig dat toelaes vir pensioenarisse, op Maandag, 04 Januarie 2021 uitbetaal sal word.

“Op Dinsdag, 05 Januarie 2021 gaan SASSA nèt ongeskiktheidstoelaes uitbetaal.”

Alle ander toelaes sal vanaf Woensdag, 06 Januarie 2021 aan SASSA-begunstigdes uitbetaal word, onder andere die kindertoelae ensovoorts.

Kontant uitbetalings by poskantore en gemeenskapsale sal geskied vanaf Donderdag, 07 Januarie 2021.

Vir meer inligting, kan u die SASSA-tolvry nommer skakel by 0800 003 077.

Foto: Verskaf

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.