SASSA- werknemer aangekeer

"Uit hoofde van haar posisie het die senior praktisyn die behoorlike uitvoering van huurooreenkomste tussen die Trifecta -groep en SASSA vergemaklik”, het Mnisi gesê"

0

Die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie het ‘n 52-jarige oud-praktisyn van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) op Donderdag, 19 Augustus 2021 ontbied om op 2 September 2021 voor die Kimberley-hof vir Handelsmidade te verskyn op aanklagte van korrupsie en geldwassery.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat Trifecta Holdings (Edms.) Bpk, ‘n onderneming betrokke by die eiendomsbesigheid en sy filiaalmaatskappye, het huurooreenkomste met die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) gesluit.

Daar word beweer dat Trifecta Holdings (Edms.) LTD in 2009 en 2010 ‘n bedrag van R60 000 in ‘n vorm van bevrediging aan ‘n senior praktisyn in die Facility Management and Auxiliary Support van SASSA betaal het.

Uit hoofde van haar posisie het die senior praktisyn die behoorlike uitvoering van huurooreenkomste tussen die Trifecta-groep en SASSA vergemaklik”, het Mnisi gesê

Leave A Reply

Your email address will not be published.