Saul maan inwoners om versigtig te wees vir COVID-19

0

Inwoners van die Noord-Kaap word versoek om ekstra waaksaam en versigtig te wees, wanneer dit kom by die verspreiding van COVID-19.

Dit kom nadat die land vandag amptelik vlak 1 van die nasionale staatsinperking betree het, terwyl infeksies in die Noord-Kaap verder styg.

“Die Nama-Khoi regsgebied word steeds as ‘n brandpunt in die Namakwa-distrik geklassifiseer, daarom is die nakoming van die veiligheidsmaatreëls van kardinale belang.”

Die Premier van die provinsie, Dr. Zamani Saul het gesê die Noord-Kaap se infeksiesyfer is vertraagd en hy doen ‘n beroep op alle inwoners om versigtig te wees, aangesien die infeksiesyfers sterk toeneem.

Die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het gisteraand aangekondig dat die nasionale hertselkoers nou op 89,2% staan.

Intussen het die Noord-Kaap altesaam 15 037 positiewe gevalle van COVID-19 aangeteken.

11 353 Persone het intussen herstel terwyl 184 persone hul stryd teen die virus verloor het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.