SAWS reik Vlak-4 waarskuwing uit vir Noord-Kaap

Kathu ervaar tans gelokalisseerde vloede.

0

Hewige reënbuie en donderstorms duur voort in sekere gedeeltes van die Noord-Kaap, asook die Vrystaat en Noordwes provinsies.

“Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) het vroeër ‘n geel vlak-4 waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval in sekere gebiede, asook moontlike gelokaliseerde oorstromings.”

Die ontwrigtende reëns in Sentraal-Suid-Afrika volg nadat die tropiese sikloon Eloise, wat tot ‘n tropiese storm afgegradeer is, skade in Limpopo en Mpumalanga aangerig het.

Eloise was verantwoordelik vir die verwoestende storms in die SA-buurland Mosambiek, waar vier mense dood is.

“In die SAWS se jongste verslag het hulle die Noord-Kaap aangewys as ‘n gebied wat oorstromings sal ervaar.”

Foto: Verskaf

Die weerdienste het voorspel dat die reën gedurende die week sou voortduur.

In plekke soos Kathu het die reen alreeds baie uitdagings veroorsaak.

Inwoners het op sosiale media foto’s van gelokaliseerde oorstromings gedeel.

Motoriste en gemeenskapslede word dus herinner om hulself veilig te hou en sover moontlik tuis te bly.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.