Sebenza Foundation poog om positiewe veranderinge in gemeenskappe te bring

0

NFM Nuus het vroeër vandeesweek met Charlene Bam gesels oor die herdenking van Vrouemaand.

Vrouemaand in die hedendaagse lewe, vind net eenkeer in die jaar plaas, om erkenning te gee aan die land se vroue.

Bam het gesê Vrouemaand is kosbaar, en dit bring soveel vervulling, om net vroue in ons lewe spesiaal te laat voel.

Hierdie taak moet egter daagliks uitgevoer word, om ten einde vroue te bemagtig.

Bam sê dat vroue die middelpunt van ons voortbestaan is en hulle moet op die hande gedra word.

“Vroue verdien alle lof vir die rol wat hulle vervul in ons daaglikse lewe.”

“Sonder ‘n vrou sal daar nie ‘n voortbestaan kan wees nie. Daarom is dit belangrik dat elkeen moet besef hoe belangrik ‘n vrou se rol op aarde is.

Sebenza Foundation is ‘n plaaslike nie-winsgewende organisasie in Springbok en bestaan uit ‘n groep vroue-gedrewe besighede.

Hierdie organisasie wil graag betrokke raak, deur positiewe veranderings in ons verskeie gemeenskappe aan te bring.

Sebenza Foundation in samewerking met Sarastoga Iron Rose Foundation, Y2K Bestuurskool, Sarastoga Snails en Weekend Happy Feet by Louine, het besluit om gesamentlik te fokus op die ekonomiese- en emosionele ontwikkeling vir vroue en jeugdiges.

Hierdie ontwikkeling staan bekend as die “Small New Beginnings-Projek”.

Die projek het ten doel om jong vroue-entrepreneurs, slagoffers van geslagsgebaseerde geweld, huishoudelike geweld en seksuele misdrywe, te ondersteun en ‘n toekoms te gee.

Hulle wil ook persone help wat geaffekteer word met down-sindroom en autisme.

Bam sê hierdie is veral uitdagings waarmee ons vrouens elke dag mee sukkel.

“Daar sal drie ontwikkelingsaktiwiteite per maand wees en die organisasie sal voortdurend die gemeenskappe op hoogte hou oor wanneer die aktiwiteite sal plaasvind.”

Die dienste wat aan die gemeenskappe gelewer sal word, is bona fida, beteken dat die organisasies geen vergoeding verwag nie.

“Die dames is opgewonde om saam die gemeenskappe te werk.”

Die eerste Ontwikkelingsaktiwiteit vind plaas op Woensdag, 5 Augustus en die beplanning is soos volg:

  • Besoeke in gemeenskappe, as deel van hul bekendstelling en verhouding bou.
  • Die groep wil graag mense help wat sukkel met wonde, deur te demonstreer hoe om self die wonde skoon te maak, deur gebruik te maak van Sarastoga Snails se spesiale slak-wond-room en gegeurde sout asook onstsmettingsmiddels uit te deel;
  • Ontsmettings gaan ook gedoen word;

Kontak 0740912103 vir meer inligting of navrae.

Besoek ook hul Facebook-blad by “Sarastoga Snails” of “Sarastoga Snails Komaggas”.

Leave A Reply

Your email address will not be published.