Sedibeng Water voer aan dat hulle tans watervoorsieningsuitdagings ondvervind

Sodra die swaartekrag die pypleiding geïnspekteer en skoongemaak is, sal die vloei weer normaal wees.

0

Sedibeng Water (Namakwa) het in ‘n amptelike mediaverklaring sy klante in kennis gestel, dat hulle tans watervoorsieningsuitdagings ondvervind.

Hierdie uitdagings kom voor by hul Henkries-pompstasie, en het ‘n negatiewe uitwerking op plaaslike gemeenskappe tot gevolg gehad.

Die Henkries pompstasie is geleë aan die oewer van die Oranje-rivier en het op 6 Februarie 2021 oorstroom.

Die oorstroming het gelei tot onderbrekings in watervoorsiening wat tot Dinsdag 9 Februarie 2021 tot omstreeks 15:00 aangehou het.

Op Sondag 7 Februarie 2021 het  saam met die diensverskaffer, aan die pompe van die rivier begin werk en die elektriese motors verwyder vir herstelwerk.

Die motors is Maandag herstel en Dinsdag, 9 Februarie, weer geïnstalleer.

As gevolg hiervan was die gemeenskap van Springbok en omliggende dorpe erg geraak.

Die pompe werk tans teen ‘n 60% pompkapasiteit.

Daar is ook ‘n probleem op die swaartekragpypleiding tussen die rivier, pompstasie en Henkriesmond pompstasie.

Water vloei nie vrylik nie en daar word vermoed dat daar ‘n verstopping kan wees.

Sedibeng Water is besig om die dienste van ‘n spesialis te bekom, om te help met die interne inspeksie en die skoonmaak van die verstopping.

Sodra die swaartekrag die pypleiding geïnspekteer en skoongemaak is, sal die vloei weer normaal wees.

Leave A Reply

Your email address will not be published.