Selfmoordsyfers in Noord-Kaapse tronke neem toe

0

Die Noord-Kaap provinsie het ‘n toename aangeteken, in die aantal gevangenes wat hulself in polisie-aanhouding doodmaak.

Volgens die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (IPID) het die meeste provinsies in die land ‘n afname in die aantal selfmoordslagoffers in polisie-aanhouding gehad, behalwe die Noord-Kaap, Mpumalanga en Limpopo.

Die IPID-jaarverslag vir 2019/20 dui ook aan dat toenemende gevalle van dood in polisiebewaring, en dood as gevolg van polisieoptrede, ‘n groot bron van kommer is.

Die verslag dui aan dat die dood as gevolg van polisieoptrede landwyd op 62% was, terwyl die dood in aanhouding op 38% was, met die hoogste toenames in die Noord-Kaap en Mpumalanga.

“Sake van aanranding deur die polisie in hierdie provinsies, word ook as bron van kommer beskou.”

Die verslag van die direktoraat dui aan dat die meeste sake teen die polisie weens aanranding aanhangig gemaak is, met 235 sake in die Noord-Kaap en 226 in Noordwes.

Die verslag het getoon dat die meeste sake teen die polisie weens aanranding in die Wes-Kaap aangeteken is, gevolg deur Gauteng en KZN.

Leave A Reply

Your email address will not be published.