Selfoonrower op Kathu platgetrek

0

Die Kathu-polisie het gisteraand ‘n rower in hegtenis geneem.

Dit kom nadat hy in besit gevind was, van ‘n gesteelde selfoon.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Masahy Gamieldien, bevestig dat die lede na die verdagte gesoek het, wat na bewering om 19:30 ‘n slagoffer, in Kameeldoringstraat, op Kathu beroof het.

Hy is om 23:00 in Rietbokstraat, suksesvol in hegtenis geneem.

“Die verdagte is in besit van Samsung Galaxy A21-selfoon, met ‘n geheuekaart en simkaart, ter waarde van R4000 gevind.”

Die verdagte sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.