Senior staatsdiensbeamptes in hof vir R43 miljoen se bedrog

"Die provinsiale hoof van Noord-Kaap, Generaal-Majoor Kholekile Galawe, het die lede geprys vir die groot sukses."

0

Die waarnemende hoof asook die  hoof van Finansies vir die departement van gesondheid het na verwagting gister in die landdroshof in Kimberley verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).

‘n Valke woordvoerder in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat dat twee senior amptenare by die Departement van Gesondheid gedurende die jaar 2020 kontrakte van persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) aan twee ondernemings toegeken het sonder om die voorgeskrewe verkrygingsprosedures te volg.

“Die totale koste hiervan beloop R43 miljoen,“ het Mnisi gesê.

Die 54 jarige Dion Garvey Theys en die 52 jarige Mosimanagape Daniel Gaborone, het hul eerste verskyning gemaak op die hof en hulle is beide borgtog van R20 000 elk toegestaan en die saak is tot 27 September 2021 uitgestel.

‘n Deeglike ondersoek deur die Valke se eenheid vir die ondersoek van korrupsie  het tot die inhegtenisneming gelei.

Die provinsiale hoof van Noord-Kaap, Generaal-Majoor Kholekile Galawe, het die lede geprys vir die groot sukses.

“Die Valke sal hul ondersoek sonder vrees of guns verrig, ongeag die posisie of status van die betrokke person wat ondersoek word”, het hy gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.