Ses Namakwalanders alreeds oorlede weens COVID-19

0

Die distrik-hoof van die departement van gesondheid in die Namakwa-distrik, Dina Beukes, het gisteraand tydens ‘n onderhoud op NFM 98.1, haar kommer uitgespeek teenoor die COVID-19 gevalle in diè distrik.

Die ‘kommer-areas’ is Bergsig, Springbok, Nababeep, Okiep, Concordia, Matjieskloof en Steinkopf.

Sy het genoem dat die Noord-Kaapse gevalle relatief hoog is, in vergelyking met wat die land doen en ‘dat die Namakwa-distrik laat was met sy COVID-19 gevalle.’

“Die Namakwa-distrik gaan eerdaags sy piek binnegaan, veral nadat die groei-tendens van ander distrikte onveranderd bly.”

Beukes het gesê dat die departement bekommerd is oor die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik en dat die res van die ander distrikte relatief goed doen.

“Nama-Khoi en veral Springbok, is die sentrale punt, waar almal bymekaarkom om inkopies te doen.”

Die persepsie van “Ons is nóg oraait”, aangesien die land op vlak 2 van die grendelstaat is, moet vinnig ter syde gestel word.

Gemeenskapslede moet daarop gefokus wees om altyd die veiligheidmaatreëls te volg, om infeksie te voorkom.

Dus is die dra van gesig-maskers, die gereelde was van hande of ontsmetting daarvan, sosiale distansïering en respiratoriese etiket van kardinale belang.

“Gemeenskappe moet daarvan bewus wees, dat die virus steeds met ons is en verwoesting saai.

Dit is landsburgers se verantwoordelikheid om verdere transmissie van die virus te verhoed.”

Beukes het genoem dat die jeug se immuniteit meer sterker is, as die van bejaardes en persone met chroniese of onderliggende siektes het.

“Die jeug is die mense wat meer uitgaan, sosiale byeenkomste bywoon en moontlik die virus kan opdoen.

Hulle toon nie regtig simptome nie en kan dan onbewusltelik die mees kwesbaarste gemeenskapslede aansteek.

Sy het daarom by die jeug van Namakwaland gepleit om baie versigtig te wees en by die COVID-19 veiligheidsmaatreëls te hou.

Die Namakwa-distrik het 243 gevalle, 120 daarvan is aktief en 6 Namakwalanders het hul stryd teen die virus verloor.

Die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het 210 COVID-19 gevalle, waarvan 105 nog aktief is.

‘Aktief’, beteken dat die pasiënt die virus onder lede het, dat hy/sy in isolasie geplaas moet word en dit moet voltooi.

Die plaaslike gesondheidsdepartement het Nama-Khoi se positiewe gevalle só geallokkeer:

Bergsig – 33,
Carolusberg – 6,
Concordia – 14,
Matjieskloof – 25,
Nababeep – 12,
Okiep – 15,
Springbok – 78,
Steikopf – 13,
Vioolsdrift – 1,
Fonteintjie – 1,
Onbekend – 12 (Gevalle wat nog nie in ‘n dorp verdeel is nie.)

In die Kamiesberg-area is daar twee bevestigde gevalle, een is nog aktief op Leliefontein.

Khai-Ma het 28 gevalle bevestig, waarvan drie steeds aktief is.

Aggeneys het 18 bevestig, Onseepkans en Pella elk een onderskeidelik en Pofadder het agt gevalle aangemeld.

Hantam het 58 gevalle; twee op Loeriesfontein, 44 op Calvinia, Nieuwoudtville se 11 en die een geval op Brandvlei.

Karoo-Hoogland het 11 gevalle en is almal op Sutherland bevestig.

Die Richtersveld het 33 gevalle, drie op Alexanderbaai, 29 op Port Nolloth en een geval is op Lekkersing bevestig.

Beukes het haar dank teenoor die plaaslike radiostasie uitgespreek vir hul bydrae in konkrete inligting, asook deur altyd te verseker dat die korrekte statistieke die luisteraars haal.

Dis deur die plaaslike media, dat Namakwalanders nou die virus beter verstaan, ten einde dit beter te kan beveg.

In dieselfde asem het sy haar dankbaarheid teenoor die gemeenskappe uitgespreek en vir hul groter samewerking.

Leave A Reply

Your email address will not be published.