Ses verdagtes voor hof vir besit van dagga

"Tydens die span se misdaadvoorkomingspatrollies is 'n verdagte voertuig opgemerk en onmiddellik gestop."

0

Ses verdagtes tussen 27 en 39 jaar oud het na verwagting op Maandag 26 Julie 2021 voor die landdroshof in Kimberley verskyn op aanklag van die onwettige besit van dagga.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat die verdagtes op 24 Julie 2021 in hegtenis geneem was deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade.

Tydens die span se misdaadvoorkomingspatrollies is ‘n verdagte voertuig opgemerk en onmiddellik gestop.

“Daar is beslag gelê op nege plastieksakke vol dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R303 000-00. Daar is positief bevestig dat dit ‘n gesteelde voertuig is” het Mnisi gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.