Sewe nuwe gevalle van COVID-19 in Nama-Khoi bevestig

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het 13 nuwe gevalle van COVID-19, in die Namakwa-distrik aangemeld.

Die totaal bevestigde gevalle in die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik het gestyg met sewe nuwe gevalle, na die laaste aankondiging.

Die minister het bygevoeg dat Khai-Ma nóg twee nuwe gevalle bevestig het, terwyl die Kamiesberg-area ‘n toename van vier gevalle getoon het.

Die totaal bevetigde gevalle in die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik staan nou op 222, terwyl 173 persone die virus geklop het.

“Dit laat Nama-Khoi met ‘n totaal van 49 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap

Die minister het nóg ‘n toename in positief bevestigde gevalle, in die Noord-Kaap aangekondig.

Die totaal bevestigde gevalle staan tans op 12 630, nadat 224 nuwe gevalle bevestig is.

Die provinsie se koronavirus-dodetal het intussen gestyg tot 150, terwyl 9 316 persone COVID-19 geklop het.

In Suid-Afrika was daar 2 007 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal positief bevestigde gevalle op 644 438 te staan bring.

Die nasionale sterftesyfer het 15 265 bereik (‘n toename van 97), terwyl herstellings tot 573 003 gestyg het.

Dit laat Suid-Afrika met ‘n totaal van 56 170 aktiewe gevalle van die koronavirus.

Die nasionale herstelkoers het na die laaste aankondiging gestyg na 88,9%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.