Sewentien verdagtes agter tralies in Kagisho

“Die verdagtes word gesoek vir aanklagte wat wissel van moord, huisroof, aanranding GBH, gesinsgeweld, huisbraak en diefstal en lasbrief vir arrestasies. Die 17 gesoekte verdagtes is almal volwasse mans en vroue en behoort binnekort in die hof te verskyn,” het Kaptein Kock gesê.

0

Die Kagisho SAPD-speurders het ‘n opsporingsoperasie uitgevoer wat gelei het tot die aankeer en arrestasie van 17 verdagtes.

‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat op Donderdag, 11 November 2021 om 02:00 het polisielede op niksvermoedende gesoekte verdagtes toegeslaan by hul huise in Kagisho en omliggende gebiede.

“Die verdagtes word gesoek vir aanklagte wat wissel van moord, huisroof, aanranding GBH, gesinsgeweld, huisbraak en diefstal en lasbrief vir arrestasies. Die 17 gesoekte verdagtes is almal volwasse mans en vroue en behoort binnekort in die hof te verskyn,” het Kaptein Kock gesê.

Die stasiebevelvoerder van Kagisho SAPD, (v)Kolonel Michelle Ford het die Kagisho-takbevelvoerder, Luitenant-Kolonel Bruno Moncho en die Kagisho-speureenheid geloof vir hul lojaliteit en toewyding om te verseker dat oortreders aangekeer en voor die gereg gebring word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.