Shudufhadzo Musida aangewys as Mej. Suid-Afrika 2020

0

Shudufhadzo Musida (24), van Ha-Masia in Venda, Limpopo, is Saterdagaand as Mej. Suid-Afrika 2020 gekroon, tydens ‘n glansgeleentheid by die Table Bay-hotel in Kaapstad.

Miss South-Africa 2020 – Shudufhadzo Musida

Sy neem die leisels oor by Sasha-Lee Olivier, Mej. Suid-Afrika 2019.

Miss South Africa 2019 – Sasha-Lee Olivier

Die eerste en tweede naaswenners is Thato Mosehle, van die Noord-Wes provinsie en Natasha Joubert van Gauteng.

Miss South Africa 2020 – Top 3

Musida het vinnig ‘n gunsteling vir aanhangers geword, aan die begin van vanjaar se kompetisie.

In Augustus was sy die wenner van die openbare stem-proses, toe die kompetisie die top-10 finaliste aangekondig het.

Musida wen ‘n pakket pryse en borgskappe ter waarde van meer as R3 miljoen.

Haar pryse sluit R1 miljoen in kontant van die Miss South Africa Organization in, asook die gebruik van ‘n volledig gemeubileerde woonstel by die luukse Central Square in Sandton, Gauteng.

‘n Mercedes-Benz C200 Cabriolet, sal sorg dat Musida in styl diensbaar wees vir haar land.

Die twee naaswenners loop onderskeidelik met R250,000 en R100,000 weg.

In ‘n televisie-onderhoud onthul die skoonheidskoningin, dat sy op skool geboelie was omdat sy Venda is.

“Ek was geboelie omdat ek Venda is. Ek moes sewe jaar lank afknouery verduur … Ek het op ‘n gekom, waar ek nie in ‘n sekere vorm wou pas nie, veral waar mense dink dit is goed om neer te sien op ander, op grond van waar hulle vandaan kom nie … Waarvandaan jy kom, bepaal nie waarheen jy gaan nie.”

Die 62ste Mej. SA, is passievol oor geestesgesondheidskwessies en het gesê dat as sy ‘n beweging sou mobiliseer, sou sy dit die ‘Mindful Movement’ doop.

#MissSA2020

Musida het verlede jaar aan die Universiteit van Pretoria, gegradueer met ‘n Baccalaureus-kwalifikasie in Sosiale Wetenskappe in Filosofie, Politiek en Ekonomie.

Sy doen tans haar BA Honneurs in Internasionale Betrekkinge, aan die Universiteit van Witwatersrand.

Musida het nog nooit voorheen aan ‘n Mej SA-kompetisie deelgeneem nie.

In ‘n onderhoud met Afternoon Express vroeër vandeesmaand het sy erken dat Mej. Heelal Zozibini Tunzi, haar inspireer het om in te skryf.

Musida is geen groentjie in die modewêreld nie, nadat sy haar modelloopbaan begin het toe sy 17 was.

Sy het vir verskeie handelsmerke en veldtogte gewerk, waaronder die kleinhandelaar, Woolworths en die velsorgreeks, Eucerin.

Sy was selfs in 2018 in Vogue Italia te sien.

Die aktrise en filantroop, Nomzambo Mbatha het die glansgeleentheid aangebied.

Die paneel van beoordeelaars was Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, voormalige Mej. SA en besigheidsvrou, Peggy-Sue Khumalo, beroemde TV- en radiopersoonlikheid, Anele Mdoda, sangeres, Leandie Du Rant en aktrise Kim Engelbrecht.

Hiermee wens NFM Nuus aan Shudufadzo Musida ‘n suksesvolle jaar as Mej. Suid Afrika 2020 toe.

Miss South-Africa 2020
Leave A Reply

Your email address will not be published.