Sisonke-proewe begin weer op Woensdag 28 April

"Sahpra het aanbeveel dat swanger en lakterende vroue in hierdie stadium van die Sisonke-protokol uitgesluit word."

0

Suid-Afrika sal Woensdag, 28 April,  die Johnson & Johnson Sisonke-proewe hervat na aanbeveling van Sahpra (Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-owerheid).

“Die program bevat al die dosisse wat nodig is om 500 000 gesondheidswerkers in te ent deur middel van die protokol vir vroeë toegang, en die spanne staan gretig gereed en sien daarna uit om verlore tyd in te haal deur die program binne die kortste tyd af te handel,” het die regering Maandag gesê.

Inentingspersele sal ook tot 95 uitgebrei word.

Sahpra het aanbeveel dat swanger en lakterende vroue in hierdie stadium van die Sisonke-protokol uitgesluit word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.