Siyathemba SAPD arresteer vyf in misdaadvoorkomingsdienste tydens verkiesings

“Die vyf verdagtes (drie mans van 40, 42,23 en twee vroue van 30 en 18 jaar oud) sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms en handel in drank sonder 'n lisensie. Die polisie sal voortgaan om die ruimte vir dwelmhandelaars te knyp om in dié gebied te werk,” het Kolonel Gamieldien gesê.

0

Benewens die polisiëring van die plaaslike regeringsverkiesings, het die stasiebevelvoerder van Siyathemba SAPD, Kaptein Maryna Boyder, die JTG-distrikspeurkoördineerder, Luitenant -Kolonel Sandra Boshof, die waarnemende provinsiale hoof vir korporatiewe kommunikasie, Kolonel Mashay Gamieldien en Kathu se Misdaadvoorkomingsgroep 2, Sersant Ben Eiman en Konstabel Blythe Jantjes het op ‘n dwelmhuis in Harmonystraat in Siyathemba toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het van ‘n huis waar dwelms na bewering verkoop word.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die span het die huis omstreeks 16:45 op 1 November 2021 deursoek waar hulle drie mans en twee vrouens binne die huis gevind het en dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R200 000-00, Tik ter waarde van R2000-00, drank met ‘n geskatte waarde van R5000-00 en kontant wat vermoedelik die opbrengs van die verkoop van die dwelms is wat R14 941-60 beloop.

“Die vyf verdagtes (drie mans van 40, 42,23 en twee vroue van 30 en 18 jaar oud) sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms en handel in drank sonder ‘n lisensie. Die polisie sal voortgaan om die ruimte vir dwelmhandelaars te knyp om in dié gebied te werk,” het Kolonel Gamieldien gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.