Skenking word verwelkom deur NKOD

“Die maskers sal 'n lang pad stap om te verseker dat skole in die provinsie aan Covid-19-regulasies voldoen en ook verseker dat die skoolkurrikulum ononderbroke voortgaan.”

0

Die Onderwysdepartement in die Noord-Kaap (NKOD) het ’n skenking van 250 000 gesigsmaskers ontvang.

Zolile Monakali, LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, het die gebaar deur die Viëtnam-ambassadeur Hoang Van Loi en adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Alvin Botes, verwelkom.

“Die maskers sal ‘n lang pad gaan om te verseker dat skole in die provinsie aan Kovid-19-regulasies voldoen en ook verseker dat die skoolkurrikulum ononderbroke voortgaan,” sê Monakali.

Van Loi het adjunkminister, Botes, bedank dat hy die ambassade met die Noord-Kaap verbind het.

Hy het gesê die bou van solidariteit en ‘n vennootskap sal help om die stryd teen Kovid-19 te verbeter.

Verskeie Noord-Kaapse skole was onlangs in die kollig as gevolg van ‘n verhoogde koers van positiewe gevalle.

Bron: OFM News.

Leave A Reply

Your email address will not be published.