Skole in Noord-Kaap heropen na ontsmetting

0
Die Carlton van Heerden Sekondere Skool sal Woensdagoggend weer sy deure open vir klasse, nadat ‘n personeelid by die skool, vroeër positief getoets het vir COVID-19.

Die provinsie se gesondheidspanne is tans besig om die skool te ontsmet, voordat dit Woensdagoggend vir personeel en leerdes geopen sal word.

Die Graad-9 leerders sal dan aanmeld, gevolg deur die graad-11 leerders, die volgende dag.

“Die aangepaste eksamenrooster vir die matriek-leerlinge gaan voort, onderhewig aan veranderings wat aangekondig kan word.”

Die Rosendal Intermerdiëre skool moes ook vroeër verlede week tydelik sluit vir ontsmetting, sowel as die Saul Damon tegniese skool.

‘n Woordvoerder vir die departement van onderwys, Geoffrey van der Merwe, sê die veiligheid van onderwysers en leerders bly die departement se verantwoordelikheid.

Leave A Reply

Your email address will not be published.