Skoolbesoeke deur die SAPD op Postmastburg gaan voort

 Skoolbesoeke deur die  SAPD op Postmastburg gaan voort

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die kommunikasie- en maatskaplike misdaadbeamptes van Postmasburg, vergesel deur lede van die sektorspanne en Tsantsabane Dwelm- en Alkoholsentrum, het op 21 Februarie 2022, voortgegaan met hul uitreikprogram by Hoërskool Postmasburg en gemeenskapsverbintenisse met inwoners van Maremane.

Adjudant-Offisier Nomvuyo Makoloi, polisiewoordvoerder het bevestig dat die kwessies wat deur die kommunikasiebeampte aangespreek is, sluit in:

– Skoolveiligheid Patrollies

–  Tienerswangerskap

– Afknouery en dissipline.

Sy het ook verduidelik hoe ernstig afknouery van leerders ander kinders se sedelikheid kan beïnvloed en die leerders gewaarsku om hulle van sulke gedrag te weerhou.

Sy het hulle ook gemotiveer om te rapporteer as hulle is of bewus is van iemand wat geboelie word.

“Die Tsantsabane Dwelm- en Alkoholsentrum (TADS) het oor die uitwerking van die gebruik van dwelms en alkohol gepraat en leerders is gewaarsku oor hoe die borrelende okkapyp gevaarlik is vir hul longe en sigaret,” het Makoloi gesê.

Skoolveiligheid is ‘n prioriteit vir die polisie en soortgelyke programme sal onverpoosd voortgaan, aangesien skole veronderstel is om veilige hawens vir die skoliere te wees.

Bernadine Hearn

Related post