Soektog na vermiste persoon op Mothibistad

“Sy is laas gesien met 'n trui met groen strepe, 'n blou jean, grys tekkies en 'n wit mus. Lizzy is donker van gelaat, skraal bouvorm en ongeveer 1,4 meter hoog,” het Adjudant Letsapa gesê.

0

Die polisie in Mothibistad vra die hulp van die gemeenskap om die 67-jarige Lizzy Koekemoer ook bekend as Auskie van Magojaneng-dorpie buite Mothibistad op te spoor.

Adjudant-Offisier Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat daar word berig dat sy laas op 2021-11-03 omstreeks 18:00 deur haar buurman gesien is.

“Sy is laas gesien met ‘n trui met groen strepe, ‘n blou jean, grys tekkies en ‘n wit mus. Lizzy is donker van gelaat, skraal bouvorm en ongeveer 1,4 meter hoog,” het Adjudant Letsapa gesê.

Enigiemand wat haar dalk gesien het, kontak die ondersoekbeampte, Adjudant-Offisier Moholeng by 073 176 1653.

Daar is geen wagtydperk om ‘n vermiste persoon aan te meld nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.