Sol Plaatjie universiteit hou Cycle Challenge

0

Die Eerste Visekanselier se Cycle Challenge vind op Sondag 17 Oktober om 09:30 plaas.

Die Visekanselier se Cycle Challenge is die eerste groot gemeenskapsbetrokkenheidsaktiwiteit wat die Sol Plaatjie Universiteit aanpak onder leiding van professor Andrew Crouch.

Kashini Maistry, ’n kommunikasie beampte van die universiteit vertel dat dit ‘n strategiese prioriteit vir die Universiteit is om hoë impak, openbare gemeenskapsbetrokkenheidsaktiwiteite aan te bied.

Ons bied ook ‘n vlooimark op die Oppenheimer Gedenktuine aan waar die grootste deel van die aktiwiteite sal plaasvind. Bring jou geliefdes saam en geniet ‘n paar uur se kontak met die breër Kimberley-gemeenskap,” sê Maistry.

Inskrywings vir registrasie sal oop wees tot 17 Oktober 2021.

Leave A Reply

Your email address will not be published.