Sosiale Afstand ’n kopseer in koshuise

"Beide koshuise moes glo reeds gesluit word sodat leerders kan isoleer."

0

Sosiale distansïering is ‘n groot uitdaging te midde van die Kovid-19 pandemie by ‘n plaaslike skool in Namakwa.

Die Skoolbeheerraad(SBL) van Hoërskool Garies sit met die groot uitdaging in die koshuise.

Voorsitter van die SBL, Nico Nero, vertel dat as gevolg van nie genoegsame personeellede by die seunskoshuis is seuns en dogters genoodsaak om in een eetkamer te eet.

“Een personeellid het gesterf en die ander het uit diens getree,” sê Nero.

Dus het Gesnishof seunskoshuis amper geen personeellede op die oomblik nie.

“Al persoon wat oorgebly het, het na die meisieskoshuis geskyf.”

‘n Groot bekommernis heers dat daar KOVID-19 in die koshuis kan uitbreek en dit is glo alreeds gesluit sodat leerders kan isoleer.

Volgens Nero word daar gesloer om die poste te vul en hy voel ook dat daar geen gehoor aan die SBL se noodkrete gegee word nie.

Hy sluit af deur te sê: “Omtrent 90/95% van Hoërskool Garies se leerders is van buite dorpe en bly in die koshuis.

Nero reken dat as die koshuise toe moet maak, beteken dit Hoërskool Garies se deure sal moet sluit, wat daartoe lei dat geen opvoeding kan plaasvind nie.

 

 

 

 

 

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.