Soup Drive deur liefde aangedryf

"Die afgelope drie dae is 24 kospakkies afgelewer by sopkombuise en mammas wat bereid is om ‘n warm pot sop met liefde voor te berei om magies warm te maak.  "

0

Radio Nfm se Winter uitreikingsprojek, ‘SoupDrive 2021’, saai liefde oral waar dit in die verskillende dorpies aandoen.

Die uitreiking is deel van die radiostasie se gemeenskapsbetrokkenheid en  bied ook ‘n platform  waar die luisteraars die NFM omroepers  ook kan ontmoet.

Die afgelope paar jaar het die Soup Drive ‘n warm glimlag op die gesigte van die gemeenskappe geplaas.

Baie mense het vele oggende wakker geskrik en gewonder waar sal hul voedsel kry om voor te sit vir hul kinders of selfs kleinkinders.

Mense hoor dan op die radio dat die NFM-Soup Drive hul dorp gaan besoek en maak dus haas om deel uit te maak van die besoek van Radio Nfm aan hul dorpe.

Heelwat  lewens word verander met hierdie jaarlikse  uitreikprojek.

Kinders hardloop opgewonde agter die NFM bakkie.

Baie moeders is dankbaar vir die Soup Drive.

Nic Jooste het vir Ricardo Kermis sakgeld gestuur maar Kermis het besluit om die geld te gebruik om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Hy het die geld geneem en aankope gedoen vir die Soup Drive 2021.

Dit is die tweede jaar wat Jooste deel uitmaak van die projek.

Volgens  Kermis  moet klinieke saam met sopkombuise  inskakel.

“Pasiënte sit lank en wag voordat hulle hul medikasie ontvang of het nie geëet voor hul besoek aan die kliniek nie. “ sê Kermis.

Die afgelope drie dae is 24 kospakkies afgelewer by sopkombuise en mammas wat bereid is om ‘n warm pot sop met liefde voor te berei om magies warm te maak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.