Vele gemeenskapslede van die Namakwa-distrik sien jaarliks uit na die Winter uitreikingsprojek, SoupDrive, van Radio Nfm.

SoupDrive maak jaarliks harte warm met die warme koppie sop wat met liefde voorberei word.

Dit is ‘n lekker koppie warm groente sop wat liggame van binne warm maak en die geheime bestandeel daarin, is liefde.

Die goeie nuus is egter dat Radio Nfm vandag hul eerste besoek gaan aflê het op Concordia, waar daar vyf areas besoek gaan word.

Ricardo Simon, beter bekend as die SoupDrive ambassadeur was vergesel deur Bernadine Hearn.

Die weer was vandag ‘n sop weer en die potte het geprut op die onderskeie stowe waar Radio Nfm aangedoen het.

In die lug hang die heerlike reuk van die sop wat so vars voorberei word, van die tannies wat vroeg uit vere uitgespring het om seker te maak dat harte en magies vandag warm van binne word.

Groot opgewondheid het geheers soos Nfm met die gemeenskapslede gekuier het.

Anna Fielding van Tweefontein het namens haarself, Esmè Julie en ouma Zula gekook.

“Dit is ‘n voorreg om uit te reik na die gemeenskap, met die hulp van Radio Nfm en ek is bly as die mense in hordes sal opdaag om die koppie sop te kan geniet. Kindertjies is uitgenooi en ons sal vir die grootmense wat bedlêend is, hulle soppetjies vat tot daar,” het Fielding gesê.

Groot opgewondenheid het geheers op Jacobs Garden, waar die pot sop al gereed was om opgedien te word.

Nfm se Simon en Hearn ontvang deur die opgewekte, en vriendelike Pieter Simboya, ‘n Nama en hy sê dat hy ‘n vroeë Nama is.

“As jy praat van ‘n Nama dan praat jy van voordag opstaan en dan is ek op ‘n pos,” het oom Pieter gesê.

Hy voeg by deur te sê, dat sy tafel en stoele gereed is en dat hy besig is met die Nama-tradisie met sy musiek en dat dit voel amper soos ‘n Saterdag môre wanneer Dewald Rooi besig is met Nama-Bash,

Simboya sê dit is nie koud nie, maar dat dit daar moet wees, die mens is daar en die natuur is daar, almal is welkom die wind is welkom en die reën is 100% welkom end at die sop teenwoordig is.

“Ek is dankbaar vir die SoupDrive, wat ons bloed en ons harte warm maak en laat ons kan uitsien na die hede en die toekoems. Die verlede is verby en die warm soppetjie tel jou op en dit maak jou Nama bloed warm,” het oom Pieter bygevoeg met blydskap in sy stem.

Hy sê hy ken sy chefs, en verwys na hulle as die Nama vroue wat woelige vroue is.

Donasies en selfs kontant kan by Radio Nfm se kantore te Hoofweg Okiep af gegee word.

Kontant inbetalings kan ook in Radio Nfm se bankrekening inbetaal word; Radio Nfm, Standard Bank, rekening nommer 082 377 618 en die tak is Springbok.

Die verwysing wat gebruik word is SoupDrive vir u inbetalings. 

Written by: