SPAR Nasionale Netbal Kampioenskappe gaan voort

0

Netbal Suid-Afrika (NSA) se langlopende toernooi, die SPAR Nasionale Kampioenskappe, begin Maandag op Bela Bela in Limpopo.

“Die SPAR Nasionale Kampioenskappe sou in Augustus in Stellenbosch plaasgevind het, maar moes weens die COVID-19-pandemie uitgestel word.”

Spanne uit die Oos- en Wes-Kaap moes hulle onttrek, omdat die gebiede tot COVID-19-brandpunte verklaar is.

NSA-president, Cecilia Molokwane, het gesê dit is baie belangrik om die kampioenskappe te hou, alhoewel dit midde-in ‘n dodelike pandemie gedoen moet word.

“Die o.21’s speel volgende jaar aan die Wêreld Jeugkampioenskap in Fidji, die Statebondspele word in 2022 in Birmingham gespeel, en dan het ons natuurlik die Netbal-wêreldbeker in 2023 in Kaapstad, daarom is dit belangrik vir ons om talent te identifiseer, ” het Molokwane gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.