Springbok-polisie vind R360 000 se dwelms in taxi

0

Die Springbok-polisie het op Vrydag, 18 September, omstreeks 03:10, voertuigpatrollies op die N7 naby Springbok uitgevoer.

Hulle het tydens hierdie operasie ‘n verdagte taxi in die area opgemerk.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat die polisie toe die taxi gestop en deursoek het.

Tydens die deursoekingsproses, het die polisie twee kruideniersakke onder die passasiersitplek gevind.

Foto: Verskaf

“Die twee kruideniersakke was gevul met mandrax-tablette, mandrax-poeier en tik.”

Die beraamde straatwaarde van die tik beloop R230 000 en die totale straatwaarde van die mandrax- tablette en -poeier is R130 000.

Kock sê die polisie het ook die taxi en die sleepwa gekonfiskeer, omdat dit in die pleging van ‘n misdaad gebruik is.

Foto: Verskaf

Die 42-jarige manlike bestuurder is op dwelmklagtes in hegtenis geneem.

Die verdagte sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.