Springbok Superspar kies alle gesondheidswerkers as hul Valentyn

0

Springbok Superspar was en is nog altyd baie passievol oor die plaaslike Nama Khoi gemeenskappe.

Hierdie jaar het hulle die inisiatief geneem om hul liefde en waardering aan alle verpleegsters, dokters en gesondheidswerkers te toon.

“Die plaaslike Nama Khoi gemeenskappe word gevra om deel te word van hierdie inisiatief, deur ook ‘n “Gesondheids-Valentyn” te kies, en te bederf hierdie Valentynsdag.”

Superspar het plakkate by die ingang van die winkel aangerig, waar belangstellendes ‘n woord van bemoediging binne een van die harte kan skryf.

Daarna kan hulle ‘n klein geskenkie in die trollie by die winkel se ingang sit, en Superspar sal dan die boodskappies en geskenkies by die hospitaal gaan aflewer.

Gesondheidswerkers is onder geweldige druk met die toeloop van Covid-19 pasiënte asook diegene wat suurstof benodig.

Gebruik nou hierdie geleentheid om hulle te wys, dat hulle nie alleen teen die virus baklei nie, en dat jy aan hulle dink.

Leave A Reply

Your email address will not be published.