Springbok Superspar se Beantree Restaurant stel “Burger-Burger” bekend

0

Die Beantree Restaurant by Springbok Superspar, het verlede Vrydag, hul splinternuwe “Burger Burger” bekendgestel.

Hulle het hierdie verigtinge met groot opwinding gevul, toe ‘n “eetkompetisie” gehou was.

“Vier deelnemers het aan die 800 gram, beef patty burger gesmul, en die een wat dit die vinnigste kon verorber, het weggestap met ‘n R500 koopbewys, van Mica.”

Foto: Verskaf

Neil Esterhuizen, was die enigste deelnemer tussen, Richard, Kallie en Kenneth, wat sy burger heeltemaal kon opeet.

Niel Esterhuizen
Richard Theron
Kenneth
Kallie

Stephanie Van Wyk by Springbok Superspar, het aan NFM Nuus genoem dat hulle ‘n hele reeks, van verskeie lipleklekker burgers onlangs bekendgestel het.

Die “Burger-Burger” is egter ‘n toevoeging, tot ‘n paar heerlike oorspronlike burgers, wat die restaurant vervaardig.

Die Beantree Restaurant is ‘n klein, intieme en snoesige eetplek, by die ingang van die winkel, om Superspar se kliente ‘n fantastiese, inkopie-ervaring te gee.

Luisteraars word aangeraai om die nuwe Burger Burger, by die Beantree Restaurant ‘n regverdige kans te gee, en dalk hul foto teen die Wall-Of-Fame, te siene kry.

Leave A Reply

Your email address will not be published.