Springbok Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid en Provinsiale Korporatiewe Kommunikasie onvang toekenning

 Springbok Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid en Provinsiale Korporatiewe Kommunikasie onvang toekenning

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Pogings deur die Springbok Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid asook polisiestasies binne die Namakwa-Distrik asook Provinsiale Korporatiewe Kommunikasie insluitend eksterne rolspelers soos AGRI Noord-Kaap en die plaaslike boeregemeenskap, is beloon en waardeer tydens ‘n Toekenningseremonie wat onlangs by die Okiep Country-hotel op Springbok gehou was.

Kolonel Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder het gesê dat die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging het sertifikate van waardering toegeken aan verskeie rolspelers wat aktief betrokke is by die beskerming, vervolging van oortreders, die voorkoming en die bekamping van onwettige stropery van beskermde plante in die Namakwa-distrik.

Lede van verskeie departemente, instansies en verenigings is bekroon vir hul meedoënlose pogings en bydraes wat tot dusver gemaak is.

“Die stropery van vetplante in die Namakwa-omgewing het ‘n kommer vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens geword, vandaar die gesamentlike pogings deur die multi-dissiplinêre span om hierdie misdaad aan te spreek,” het Gamieldien bygevoeg.

Bewusmakingsveldtogte is aan die gang, wat die plaaslike gemeenskappe bewus maak van die waarde van die plante in die natuur en die disassosiasie wat veroorsaak word wanneer die plante onwettig uit die natuur verwyder word.

Sowel as die nagevolge wanneer dit in besit van beskermde plante gevang word.

Gamieldien het beklemtoon dat die bewusmakingsveldtogte en ontwrigtende aksies sal onverpoos voortgaan in ‘n poging om die Fauna en Flora van die Noord-Kaap te beskerm. 

Bernadine Hearn

Related post