Stasiebestuurder nou ’n “lewendige getuie” van Kovid-19 entstof

0

Die stasiebestuurder van Radio Nfm 98.1, Brunhild Strauss, het gister, 30 Junie, sy Kovid-19 entstof ontvang.

Hy vertel dat hy vreeslik opgewonde was.

Die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede Suid-Afrika het al hul werknemers betrokke as esentiёle werkers geregistreer.

Hierdie raad se hoofkantore is in Johannesburg geleё en omdat die derde golf van die Kovid-19 pandemie in Gauteng groot verwoesting saai kon die raad die proses om al hul werkers in te ent bespoedig.

Strauss kon toe ook sy inenting ontvang.

Hy het sy inenting omtrent 11:30 by Clicks in Springbok ontvang.

“Die personeel by Click het hierdie proses vreeslik professioneel hanteer,” vertel hy.

Hy vertel ook dat daar nie ’n opeenhoping van mense was nie omdat sosiale distansïering goed gehandhaaf was in die lyn.

Voor hy sy inenting ontvang het, het hy ’n pamflet ontvang wat inligting bevat oor die inenting sowel as moontlike newe-effekte.

“As jy jouself reeds emosioneel voorberei het is daar geen rede vir kommer nie,” sê Strauss.

Hy vertel dat jy op die arm gespuit word wat jy die minste gebruik, byvoorbeeld ’n persoon wat regs is sal die inenting op sy linkerarm ontvang.

Alhoewel Strauss al met baie naelde in sy lewe gebots het, het hy wel geskrik toe die naald redelik lank was.

Hy vertel verlig dat alles reeds verby was terwyl hy nog op die naald gewag het.

Strauss het die Pfizer entstof ontvang en wag nou vir sy tweede spuit afspraak wat deur ’n SMS bevestig sal word.

Daars is ’n 15 minute wagpreode wanneer ’n persoon klaar gespuit is om seker te maak dat alles goed verloop het.

Strauss vertel dat hy persoonlik geen newe effekte ervaar het nie.

“As jy ’n verskil wil maak om teen die virus te veg sal jy vir die inenting gaan,” is sy raad aan alle persone wat nog huiwerig is vir die inenting.

Die inenting registrasie proses vir 50-59 jariges begin amptelik vandag, 1 Julie.

 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.